• Leann +27723445862; Selmarie +27609653977
  • Countrywide delivery only R120

Moeitelose Mooi Boutique bestaan al twee jaar en is geleë in Welkom, die dorp met al die sirkels.

Ons visie en missie gaan oor jou, ons kliënt. Jy is 'n persoon met 'n ware identiteit in jouself en jy weet wat jy wil hê.  Ons werk is om jou te help om dit te vervul soos ons naam beloof - Moeitelose Mooi, moeitelose jy.....

Ons is trotse verspreiders van vele eg Suid-Afrikaanse ontwerpers wat 'n passie het vir wat hulle doen, hou van mooi goeters, uitstekende kwaliteit vervaardig en ja, ons Suid-Afrikaanse lywe ken! Ons maak ook plek vir reekse en bykomstighede wat nie Suid-Afrikaans is nie,  hoë kwaliteit is en jou as kliënt die vryheid gee om 'n meng-en-pas klerekas te beplan.

Na vele navrae op ons Facebook blad (https://www.facebook.com/MoeiteloseMooi/) het ons besluit om die groot stap te neem en 'n aanlyn winkel beskikbaar te stel vir die gerief en spoedige diens van ons kliënte.

Alle raad en hulp sal opreg waardeer word, stuur asseblief julle voorstelle vir verandering en verbetering na leann@moeitelosemooi.co.za

Die span wat tans gereed staan om jou te bedien is Le'ann, Jackie en Carla, drie vriendelike, optimistiese en hulpvaardige dames.

BACK TO TOP